My grandmother passed away this morning at the age of 96. In memory of her I want to share a poem that I wrote to her many years ago when I was 17 years old.
Ek ken ‘n Engel
Ek ken ‘n engel
‘n Engel is altyd besig om goed te doen
besig om te gee
en beisg met die verheerliking van die Here.
Die engel wat ek ken
deel altyda haar liefde uit aan almal groot of klein.
Niks is vir haar onmoontlik nie,
want sy weet waar haar krag vandaan kom.
My engel geniet nog die klein dingetjies in die lewe
‘n bossie blomme, ‘n kaartjie of ‘n oproep
Sy is mal oor ‘n goeie fliek en
waardeer altyd ‘n brief van ‘nkind of kleinkind.
Net soos ander engele leer sy jou lewenslesse
en deel met jou haar ondervindings.
Sy stel altyd ‘n goeie voorbeeld
en bid elke dag vir jou.
Ek is so dankbaar vir die voorreg om ‘n engel te ken,
want sy vul my lewe met sonskyn en
kleur die dag vir my in.
En vandag wile k dankie sê vir haar
vir die engel wat sy vir my is.
Dat sy altyd ‘n oor het wat hoor,
‘n hart wat omgee en ‘n hand wat lei.
Ek ken my ouma.
Ek ken ‘n engel.
She was an angel on earth and now she will be one in heaven. I will miss you deeply, Ouma Jo!
Pragtig Gretha! Sy was n amazing vrou!
LikeLiked by 1 person